SA kry R685 miljoen bonus vir WB
2010-12-13 22:45
Kaapstad – Die wêreld sokkerbeheerliggaam Fifa het 'n bonus van R685 miljoen aan Suid-Afrika toegeken omdat hy die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het.
"Ons het Suid-Afrika vertrou en die vertroue was wel gevind," het Sepp Blatter, president van Fifa, by die bekendstelling van die 2010 Fifa Legacy Trust in Johannesburg gesê.
"Fifa is nie 'n sirkus waar ons ons tent opslaan en verwyder wanneer die geleentheid verby is nie."
"Fifa sal 'n iets nalaat vir die jeug van Suid-Afrika danksy 'n suksesvolle Wêreldbekertoernooi."
Blatter het gesê ontwikkelling en onderwys van Suid-Afrikaanse kinders sal baat by die 2010 Legacy Trust.
Hy het gesê R137 miljoen van die bonus is reeds gebruik om Safa House langs die FNB-stadion te bou.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA