Rusland sal visums laat vaar vir WB
2010-08-17 19:55
Moskou – Vladimir Putin, Rusland se eerste minister, het Dinsdag aan Fifa-afgevaardigdes gesê dat Rusland visums-vereistes vir deelnemers en gaste sal laat vaar as dié land die wêreldbeker-sokkertoernooi in 2018 of 2022 kan aanbied.
Nege kandidate, insluitende Engeland en die VSA, sal meeding om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2018 of 2022 aan te bied.
Fifa is tans besig om deur dié nasies te toer.
Hul besoek aan Rusland sal Donderdag tot ‘n einde loop wanneer die ondersoekspan St. Petersburg, Moskou, Kazan en Sochi klaar besoek het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AP