Rooney in spervuur ná voorval op veld

2011-02-28 08:25
Tweets Share Share line Print

Wigan. – Verskeie oudspelers het Sondag kaalvuis onder Wayne Rooney ingeklim.

Dit volg nadat hy ’n Wigan-teenstander glo Saterdag met die elmboog in die sokkerspanne se Engelse Premierliga-wedstryd bygekom het.

Manchester United het met 4-0 gewen en sy posisie bo-aan die puntelys verstewig.

Rooney het ’n geelkaart ontvang nadat hy James McCarthy van Wigan glo in die gesig geslaan het.

Wigan se afrigter, Roberto Martinez, het gesê Rooney moes die trekpas gekry het, maar die skeidsregter, Mark Clattenburg, wat die bal gevolg het, het beslis dat die voorval nie opsetlik was nie.

Twee gewese spelers van Liverpool, Alan Hansen en Mark Lawrenson, het Sondag in ’n televisiedebat met Martinez saamgestem dat Rooney afgestuur moes word.

Hansen het gesê dat Rooney in groot moeilikheid is.

“Jy kan nie met die beeldmateriaal stry nie,” het Hansen gesê.

As Rooney voor stok gekry word, kan hy vir drie Premierliga-wedstryde, teen Chelsea en Liverpool, en een van Arsenal of Leyton Orient in die FA Cup, geskors word.

“Die media sal met ’n veldtog begin omdat dit Wayne Rooney is. Hulle sal wil toesien dat hy teen Dinsdag opgehang of in die elektriese stoel is ... of so iets. Dis ongelooflik en hou maar die pers dop,” het Manchester se afrigter, Alex Ferguson, gebrom.

In nog ’n voorval het Blackpool se DJ Campbell Sondag om verskoning gevra nadat hy Saterdag teen Wolves afgestuur is. Wolves het die wedstryd met 4-0 gewen.

“Jammer oor gister ... ek wens ek kon dit (my optrede) terugtrek,” het Campbell op Twitter gesê.

* In Sondag se Premierligawedstryde is Manchester City se aanspraak op die titel geknou toe hy en Fulham met 1-1 gelykop gespeel het.

Liverpool se goeie peil sedert Kenny Dalglish as afrigter oorgeneem het, is beëindig toe hy met 1-3 deur West Ham, wat derde laaste op die puntelys was, getroef is.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.