Ronaldo uit met griep
2009-08-10 21:09
Lisbon – Cristiano Ronaldo het met griep teruggekeer van Real-Madrid se voor-seisoen toer van Noord-Amerika en is uit Portugal se wedstryd teen Liechtenstein gehaal, het die Portugese sokker federasie Maandag bevestig.
Die 24-jarige sal deur Eliseu, Lazio se doelskopper, vervang word in Woensdag se wedstryd in Vaduz.
Eliseu was nie in die afrigter, Carlos Queiroz, se span van 18 genoem nie, maar hy het Saterdag die Italiaanse Superbeker titel met Lazio in Beijing gewen.
- Sapa