Ronaldo gaan weer pa word
2009-08-21 15:25
Sao Paolo, Brasilië – Brasiliaanse doelskopper Ronaldo het Donderdag bevestig dat hy volgende jaar vir die derde keer pa gaan word.
Ronaldo het onlangs nuwe lewe in sy besering-geteiserde loopbaan geblaas deur vir die Sao Paolo span Corinthians te begin speel.
Hy het aan TV Globo gesê sy lewensmaat verwag ‘n seun en dat hulle beplan om hom ‘Romeo’ te noem.
Die 32-jarige sokkerspeler wat naam gemaak het in klub sokker vir Barcelona, Inter Milan, Real Madrid en AC Milan, het al klaar ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie.
Ronald (9) is gebore tydens Ronaldo se huwelik met Milene Domingues.
Sy huidige maat, Maria Beatriz Antony, het in Desember 2008 geboorte geskenk aan hul dogtertjie, Maria Sofia.
Ronaldo se kontrak met Corinthians verstrek blykbaar aan die einde van Desember.
- Sapa-AFP