Ronaldo braak nou óók gal oor blasers

2011-05-05 09:05
Tweets Share Share line Print

Barcelona – Cristiano Ronaldo van Real Madrid word oënskynlik nie afgeskrik deur die hangende tugondersoek na sy breier nie en het bewerings herhaal dat skeidsregters Barcelona se sokkerspan bevoordeel.

Jose Mourinho, breier van Real Madrid, moet voor ’n tugkomitee verskyn nadat hy ná die eerste wedstryd in die halfeindronde van die Kampioeneliga tussen dié twee aartsvyande gal gebraak het. Hy het onder meer beweer die Europese Sokkerfederasie bevoordeel Barcelona.

Mourinho het in dié wedstryd, wat Madrid tuis met 0-2 verloor het, ’n rooikaart ná ’n onderonsie met ’n beampte gekry en kon dus nie in Dinsdagaand se tweede wedstryd leiding aan sy span vanaf die kantlyn gee nie.

Dié wedstryd het met 1-1 gelykop geëindig, wat beteken Barcelona dring tot die eindstryd deur met ’n telling van 3-2 ná die twee halfeindstryde.

“Ons het geweet ons kon Barca klop, maar die skeidsregter het ons nie toegelaat nie,” sê Ronaldo. “Die skeidsregter in die eerste wedstryd, Wolfgang Stark, het ons die kans ontneem om in die eindstryd te speel. Enigeen wat iets van sokker af weet, besef Barcelona kry voorkeurbehandeling.”

Real se spelers was woedend nadat ’n doel deur Gonzalo Higuain kort ná rustyd nie deur die skeidsregter, Frank de Bleeckere, toegeken is nie. Die telling was toe met 0-0 gelykop.

De Bleeckere het beslis Ronaldo het Javier Mascherano van Barca omgestamp in die beweging wat tot die doel gelei het, wat toe nie ’n doel was nie.

“Daar was niks fout met dié doel nie. Gerard Pique het my gestamp en ek het op Mascherano geval. Hy het nie so maklik geval toe hy in Engeland gespeel het nie.

“Maar hy het dié swak gewoonte hier aangeleer, waar almal dit doen,” sê Ronaldo.

Hy meen Madrid se sege in die eindstryd van die Copa del Rey bewys dat hy sy aartsvyand kan klop as beamptes neutraal is.
“Barcelona het baie mag van die veld af.”

Volgens Ronaldo was Barcelona in die afgelope vier wedstryde binne 18 dae nie beter as Madrid nie.

“Barca het net baie hulp van die skeidsregters gehad.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.