Ronaldinho gesels in Brasilië oor toekoms
2011-01-04 12:41
Sao Paolo - Die sokkerster Ronaldinho het in Brasilië aangekom om te onderhandel oor 'n moontlike oorplasing vanaf AC Milan.
Ronaldinho is toegelaat om die span se oefenkamp in Aboe Dhabi te verlaat en is in Braslië om oor sy toekoms te onderhandel, het die GloboEsporte-webwerf en ander plaaslike mediabronne Sondag gesê.
Die Brasiliaanse klubs Gremio, Flamengo en Palmeiras wil hom kontrakte aanbied.
AC Milan se direkteur, Umberto Gandini, het Dinsdag gesê die Italiaanse klub beplan om Ronaldinho te behou, maar dat sy agent besig is om vir 'n moontlike skuif te onderhandel.
Ronaldinho, wat al twee keer as Fifa se speler van die jaar aangewys is, het die laaste ruk nou en dan vir Milan gespeel, maar het onlangs gesê hy wil sy terugkeer tot Brasiliaanse sokker maak omdat hy sy kanse om weer in die nasionale span opgeneem te word, wil verbeter.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- Sapa - AP