Real Madrid gaps Chelsea-ster
2010-08-10 22:30
Madrid, Spanje - Real Madrid, een van die grootste en rykste sokkerklubs in die wêreld, het die Chelsea-verdediger Ricardo Carvalho se dienste bekom.
Die Spaanse reus het Dinsdag bevestig hy het 'n twee jaar kontrak met die Portugese Carvalho gesluit.
"Real Madrid en Chelsea het 'n ooreenkoms bereik om Ricardo Carvalho oor te plaas," is op die webwerf
www.realmadrid.com gesê.
- Volg
Nuus24 Sport op Twitter.
- Reuters