Plaaslike sokker kry nuwe hoof
2011-12-09 11:07
Johannesburg – 'n Voormalige direkteur van die klub SuperSport United, Stanley Matthews, is die nuwe bestuurshoof van die Premier-sokkerliga (PSL), het RSG Vrydag berig.
Sy aanstelling is deur die voorsitter van die PSL, Irvin Khoza, bekendgemaak. Matthews is in die plek van Zola Majavu aangestel, wat net vier maande lank die pos beklee het.
Die 42-jarige Matthews het die afgelope vyf jaar op die PSL se uitvoerende bestuur gedien, en was ook die voorsitter van die wedstryd-komitee.
Hy is op 'n driejaar-kontrak aangestel en sal op 1 Februarie met sy werk begin.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG