Pitso pos WB-hardebaarde

2010-08-06 08:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Matthew Booth en Benni McCarthy was Donderdag die eerste slagoffers van Pitso Mosimane se Bafana Bafana-bewind, toe dié afrigter sy sokkerspan aangekondig het vir aanstaande week se wedstryd teen Ghana.

Mosimane, wat met sy aanstelling verlede maand belowe het om jongelinge te slyp vir 2014 se Wêreldbeker-toernooi in Brasilië, het altesaam ses veranderinge aangebring aan sy voorganger, Carlos Alberto Parreira, se WB 2010-groep.

Die 33–jarige Booth, Shua-aib Walters, Lance Davids en Siyabonga Nomvethe het die trekpas gekry, terwyl Bongani Khumalo en Lucas Thwala weens beserings weggelaat is.

McCarthy (32), wat in Junie deur Parreira gepos is weens ’n dissiplinêre oortreding, is ook nie oorweeg nie.

Morgan Gould, Innocent Mdledle, Bevan Fransman en Daine Klate het wél die jawoord gekry, nadat hulle nie dié Brasiliaan se uitsoekgroep kon haal nie.

- Mosimane het verras deur die 26-jarige Sthembiso Ngcobo, wat langer as twee jaar gelede sy enigste verskyning in die Groen-en-Goud gemaak het, te kies.

Dié doelskieter, wat pas sy klubspan Free State Stars vir Kaizer Chiefs verruil het, het vroeër al geweier om vir Bafana uit te draf.

Sy enigste internasionale wedstryd was in Maart voor verlede jaar, toe hy ’n doel aangeteken het in Suid-Afrika se sege van 2-1 oor Zimbabwe.

“Sthembiso se insluiting sal ’n paar wenkbroue laat lig, maar hy was Stars se voorste doelskieter die afgelope seizsoen en hy verdien nog ’n kans,” het Mosimane gesê.

Aaron Mokoena sal die kapteinsarmband dra, ondanks gerugte dat hy en dié breier nie om dieselfde vuur sit nie.

“Ek het nog nie genoeg tyd gehad om my stempel af te druk nie en ek sal mettertyd ál meer nuwelinge kans gee.

Dis egter belangrik dat ons die momentum van die Wêreldbeker-toernooi behou –– veral vir ’n belangrike wedstryd soos dié.”

Mosimane het ook sy oorsese staatmakers – Tsepo Masilela, Anele Ngcongca, Kagisho Dikgacoi, MacBeth Sibaya, Steven Pienaar en Bernard Parker – ingesluit vir Woensdag se kragmeting in die Soccer City-stadion.

Ghana spog met sterre soos Asamoah Gyan en Kwadwo Asamoah.

“Ek kon gevra het dat my eerste stryd teen ’n swak span soos Swaziland of Lesotho is, maar om ’n krag te wees, móét ons die beste pak,” sê Mosimane.

Ghana:

Richard Kingson, Daniel Agyei, Samuel Inkoom, Harrison Afful, John Mensah, Lee Addy, Jonathan Mensah , Anthony Annan, Emmanuel Agyemang-Badu, Kwadwo Asamoah, Andre Ayew, Kevin-Prince Boateng, Cofie Bekoe, Bernard Kumordzi, Asamoah Gyan, Dominic Adiyiah, Haminu Draman, Yaw Antwi.

Suid-Afrika:

Itumeleng Khune, Moeneeb Josephs, Siboniso Gaxa, Morgan Gould, Bevan Fransman, Tsepo Masilela, Aaron Mokoena, Anele Ngcongca, Siyabonga Sangweni, Innocent Mdledle, Siphiwe Tshabalala, Daine Klate, Teko Modise, Kagisho Dikgacoi, Thanduyise Khuboni, Reneilwe Letsholonyane, Steven Pienaar, MacBeth Sibaya, Surprise Moriri, Katlego Mphela, Sthembiso Ngcobo, Bernard Parker.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ghana  |  2010  |  bafana bafana  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

adriaan.vanwyngaard sê... Vind net uit waarvoor. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.