Pitso nog nie die Mani vir Bafana

2010-07-02 10:00
Tweets Share Share line Print

Sport24

Johannesburg - Bafana Bafana is gerat om hul aanslag op Afrika se sokkerkroon oor net langer as ’n maand te begin – ondanks die feit dat die span steeds nie ’n afrigter, ’n bloudruk vir die toekoms óf ’n volgende teenstander het nie.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Donderdag ’n “dringende mediakonferensie” byeengeroep, maar sloer steeds met die aanwysing van Carlos Alberto Parreira se opvolger, al vind die eerste oefenwedstryd voor die Afrikabeker-toernooi reeds op 11 Augustus plaas.

Bafana weet boonop steeds nie teen wie of waar dié wedstryd gespeel sal word nie en wag ook nog op ’n “lykskouing” van dié span se mislukte Wêreldbeker-veldtog.

Bafana is voorverlede week uit dié toernooi geboender, ondanks hul spogsege van 2-1 oor Frankryk in Bloemfontein.

Kirsten Nematandani, die Safa-president, het bevestig dat Pitso Mosimane, die Bafana-hulpafrigter, die enigste kandidaat is om by Parreira oor te neem wanneer dié Brasiliaan se kontrak middel aanstaande maand verstryk.

Mosimane, wat die afgelope vier jaar reeds by die nasionale span betrokke is, sal egter eers ’n voorlegging aan Safa se tegniese komitee moet maak.

“As ek my sin kon kry, sou hy Vrydag reeds aangestel word, maar daar is ’n proses wat eers afgehandel moet word,” het Nematandani gesê.

“Carlos het reeds sy vlug terug na Brasilië bespreek en ons het nie eens probeer om hom te oortuig om aan te bly nie, want ons het belowe dat die volgende afrigter ’n Suid-Afrikaner sal wees.”

Volgens hom moet die komitee, wat die oud-Bafana-breier Jomo Sono insluit, binne die volgende twee weke ’n aanbeveling aan die land se sokkerbase maak voordat met Mosimane onderhandel kan word oor sy kontrak.

Mosimane sal glo sowat R400 000 per maand verdien – heelwat minder as Parreira se salaris van sowat R1,8 miljoen.

“Safa se verwagtinge is duidelik: die span moet hom laat geld in die Afrikabeker-toernooi en kwalifiseer vir 2014 se Wêreldbeker-toernooi in Brasilië,” het Nematandani gesê.

Die kwalifiserende wedstryde vir Afrika se spogtoernooi begin in September wanneer Bafana teen Niger te staan kom.

“Ons sal later in meer detail met Pitso praat oor hoe ons dít gaan regkry, sodra ons Carlos se verslag oor ons Wêreldbeker-vertoning gekry het.

Die tegniese komitee moet nou vasstel of Pitso oor die nodige tegniese vaardighede beskik, maar ons het volle vertroue in hom en sy voortgesette toewyding tot die nasionale span.”

Nematandani het onthul dat geen ander kandidate reeds vir die Bafana-pos oorweeg is nie – dus ook nie Gavin Hunt nie, wie se SuperSport United pas ’n rekord opgestel het deur die Premiersokkerliga-titel ’n derde keer agtereenvolgens te wen.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.