Pitso koekeloer na WB

2011-11-12 10:00
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth – Die manier waarop Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, die frase “Visie 2014” vandeesweek geuiter het, het ’n mens byna laat hoendervel kry.

In 2014 word die volgende Wêreldbeker-toernooi in Brasilië aangebied ... en dis waarheen Mosimane mik.

Sy visie gaan Saterdag hier in die Nelson Mandelabaai-stadion behoorlik getoets word, want sy span speel in die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd teen die sterkste land in Afrika, die Ivoorkus.

Selfs sonder die uitblinkers Didier Drogba en Cheick Tiote lyk die besoekers hopeloos te sterk vir die plaaslike span.

Mosimane se Visie 2014 kan dus dalk gou ’n bietjie oogdruppels benodig.

Dié welsprekende breier het wel gesê die kragmeting met die Ivoorkus is dalk ’n bietjie te gou vir die huidige span.

Terselfdertyd het hy gesê sy span, wat verskeie groentjies insluit, moet soveel moontlik teen sterk spanne getoets word.

“Ons moet die teleurstelling van die Afrikabeker in die agtergrond skuif en vorentoe kyk,” het hy gesê.

Net so positief en welsprekend, hoewel meer prewelend, was die Bafana-kaptein, Steven Pienaar.

“Dis goed vir die jong spelers om hulle teen die bestes van Afrika te toets,” het hy gesê.

Een so ’n jongeling wat dalk sy kans kan kry, is die Baaise boorling Kermit Erasmus.

Dit wil lyk of Mosimane hom saam met Katlego Mphela as doelskieters gaan inspan.

Bafana kon in die afgelope ses kwalifiserende wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi net vier doele aanteken.

Die druk sal dus op die doelskieters wees om ordentlik af te rond. Teen ’n span soos die Ivoorkus gaan jy nie veel kanse kry nie. Al is die besoekers, wat maar eergister hier geland het, dalk ’n bietjie vlugvoos.

Mosimane se Visie 2014 is dus vandag op dun ys, maar dis darem nou eers 2011. Maar 2013 is nogal naby.

Die spanne is:


Bafana Bafana (uit): Moneeb Josephs, Wayne Sandilands, Morgan Gould, Happy Jele, Siboniso Gaxa, Tsepo Maselela, Anele Ngcongca, Siyabonga Sangweni, Punch Masenamela, Bilankulu Musa, Bevan Fransman, Daylon Claasen, Hlompho Kekana, Oupa Manyisa, Thanduyise Khuboni, Siphiwe Tshabalala, Renbeilwe Letsholonyane, Granwald Scott, George Lebese, George Maleluka, Steven Pienaar, Teko Modise, Kagisho Dikgacoi, Kermit Erasmus, Siyabonga Nontshinga, Katlego Mphela, Bradley Grobler.

Ivooorkus (uit): Boubacar Barry, Gnanhouan Gerard, Daniel Yeboah, Benjamin Angoua, Souleiman Bamba, Emmanuel Eboue, Igor Lolo, Siaka Tiene, Kolo Toure, Didier Zokora, Jean-Jacques Gosso, Max Gradel, Coulibaly Kafoumba, Didier Ya Konan, Yaya Toure, Wilfried Bony, Seydou Doumbia, Gervinho, Salomon Kalou.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: sokker  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.