Pitso gaan nie wakker lê oor slae teen Zim

2011-11-17 07:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Met dié saamgeflanste sokkerspan kan Bafana Bafana tot ’n mate verskoon word vir sy “skande” noord van die Limpopo.

Suid-Afrika het Dinsdag in Harare, in die afwesigheid van verskeie gereelde spelers, met 1-2 teen Zimbabwe vasgeval. Dit was sy eerste nederlaag in agt jaar teen sy buurman.

Bafana het die voortou geneem toe een van sy twee nuwelinge, Bradley Grobler, ’n blaps deur ’n verdediger uitgebuit het.

Knowledge Musona, ’n voormalige doelskieter van Kaizer Chiefs, was egter twee keer in die kol om die klompie onervare spelers se buurlandse uitstappie te bederf.

Die Rufaro-stadion was ’n goeie voorsmaak van wat om in die kwalifiserende wedstryd aanstaande jaar teen Botswana vir die Wêreldbeker-toernooi te verwag. Dié wedstryd word ook op ’n astro-sokkerveld beslis.

“Ek is teleurgesteld oor die uitslag, maar die ouens het in omstandighede goeie rekenskap van hulself gegee, sê die breier, Pitso Mosimane. “Die meeste van hulle het nog nooit in die nasionale span saamgespeel nie.”

Mosimane sê dit was ’n goeie oefening om die spelers te beproef. Hulle weet nou wat van hulle verwag word as spelers soos Steven Pienaar, Siphiwe Tshabalala, Katlego Mphela en andere nie beskikbaar is nie. Hy meen hulle sal baat vind by die internasionale blootstelling.

Grobler het Woensdag met die span se aankoms gesê dit was ’n droom wat bewaarheid is toe hy met sy land se kleure op die veld gestap het. Sy doel het die kroon gespan en hy sal dit nog lank onthou.

– Bafana sal Ethiopië op 2 of 3 Junie in sy eerste kwalifiserende wedstryd vir 2014 se Wêreldbekertoernooi pak. Ethiopië het Woensdag in Addis Ababa met ’n sege van 5-0 oor Somalië tot die groep deurgedring waarin Suid-Afrika, Botswana en Sentraal-Afrika is.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.