Pitso bevestig as Bafana-breier
2010-07-15 16:06
Kaapstad - Bafana Bafana se hulpafrigter, Pitso Mosimane, sal die leisels oorvat by Carlos Alberto Parreira as Suid-Afrika se nasionale sokkerafrigter.
Dié aankondiging is Donderdag deur die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) tydens 'n nuuskonferensie in Johannesburg gemaak.
Senior bronne by Safa het vroeër vandeesmaand reeds laat blyk dat Mosimane Parreira se moontlike opvolger sal wees.
Mosimane staar 'n moeilike taak in die gesig met kwalifiserende wedstryde vir 2012 se Afrikabeker teen Egipte en Sierre Leone.
Alhoewel hulle nie vir vanjaar se Wêreldbeker kwalifiseer het nie, het Egipte die laaste drie Afrikabeker-toernooie gewen.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter
te volg.
- Sport24