Pienaar nie na Arsenal
2012-01-10 12:16
Kaapstad – Steven Pienaar se agent, Rob Moore, het gerugte ontken dat die Bafana Bafana-kaptein by Arsenal gaan aansluit en benadruk dat hy Pienaar nog met ander klubs moet bespreek.
Pienaar het Saterdag in die derde ronde van die FA Cup-kragmeting op White Hart Lane vir Tottenham Hotspur uitgedraf, maar hy het nie een keer dié seisoen 'n verskyning vir Harry Redknapp se span gemaak nie.
Tottenham Hotspur het die wedstryd teen Cheltenham 3-0 gewen.
Luidens berigte in die Verenigde Koninkryk het Arsenal glo 'n aanbod van £4 miljoen (sowat R50 miljoen) aan die 29-jarige Pienaar gemaak, maar Moore ontken dat die span hulle gekontak het.
"Ons sal sien wat gebeur, maar op die oomblik is daar niks aan die gang met Steven Pienaar nie."
– Lees meer hier
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg