Pienaar kondig uittrede aan
2012-10-02 18:09
Johannesburg – Bafana Bafana se kaptein Steven Pienaar het besluit om sy uittrede uit internasionale sokker aan te kondig.
Robin Petersen, Safa se uitvoerende hoof, het Dinsdag ‘n verklaring uitgelees wat die 30-jarige Pienaar Maandag vir Safa gestuur het.
“Dit is met groot spyt dat ek ek moet aankondig dat ek nie meer vir Suid-Afrika beskikbaar is nie,” het Pienaar se verklaring gelees.
“Na ek meer as 10 jaar vir nasionale span gegee het is ek nou op ‘n plek waar ek sukkel om my spel in Engeland met my spel vir die nasionale span te balanseer.”
“Ek is trots dat ek vir my land kon speel en kaptein kon wees, ek bedank almal en wens net die beste vir die span in die toekoms.”
Gordon Igesund, afrigter van Bafana, het gesê hy het eers gister uitgevind van Pienaar se besluit.
“Hy het vir ons 10 jaar van diens gegee en sy liggaam is moeg,” het Igesund gesê.
Hy het bevestig dat Bongani Khumalo die kapteinskap sal oorneem.
Bafana vertrek Sondag om twee internasionale wedstryde te speel.
Hulle speel 12 Oktober teen Pole in Warskou en 16 Oktober teen Kenia in Nairobi.
Die Bafana-groep lyk so:
Itumeleng Khune, Wayne Sandilands, Moeneeb Josephs, Bevan Fransman, Thabo Nthethe, Siyabonga Sangweni, Eric Mathoho, Punch Masenamela, Luvhengo Mungomeni, Bongani Khumalo, Ricardo Nunes, Oupa Manyisa, Reneilwe Letsholonyane, Siphiwe Tshabalala, Sifiso Myeni, George Lebese, Teko Modise, Delron Buckley, Katlego Mashego, May Mahlangu, Kagisho Dikgacoi, Dean Furman, Lerato Chabangu, Bernard Parker, Dino Ndlovu, Tokelo Rantie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA