Pienaar trek neus op vir Everton
2010-05-24 14:12
Londen - Die Bafana Bafana en Everton-middelveldspeler Steven Pienaar het Tottenham, Liverpool en Manchester United laat weet dat hy die Goodison-klub se nuutste kontrakaanbod van die hand gewys het.
Pienaar, Everton se speler van die jaar, gaan onder sy huidige kontrak nog een jaar by die klub aanbly, maar erken hy weet nie of hy volgende seisoen nog daar sal speel nie.
Die 28-jarige Pienaar het gesê sy agent het twee weke gelede 'n aanbod van Everton van die hand gewys en het sedertdien nog niks van die klub gehoor nie.
– Daily Mail
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.