Paul Scholes groet Man U
2011-05-31 12:04
Manchester - Nadat hy in 676 wedstryde vir Manchester United uitgedraf het, het die 36-jarige middelveldspeler Paul Scholes, Dinsdag aangekondig dat hy sy sokkerstewels gaan ophang.
"Dit was nie 'n besluit wat ek ligtelik opgeneem het nie, maar ek dink nou is die regte tyd om op te hou speel. Ek kan eerlikwaar sê dat om sokker te speel, die enigste ding is wat nog ooit wou doen," het Scholes in 'n verklaring op die Red Devils se (www.manutd.com) webtuiste gesê.
Scholes het ook 66 wedstryde vir Engeland gespeel voor hy in 2004 sy uittrede uit internasionale sokker aangekondig het.
Hy was deel van Manchester United se "Klas van '92" wat uit spelers soos David Beckham, Nicky Butt en Gary Neville bestaan het.
Scholes sal na verwagting 'n pos opneem as deel van breier Alex Ferguson se afrigtingspan.
Lees verder.
-BBC