'Parreira nie nodig'

2009-10-21 11:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sokker-afrigter Gordon Igesund sê hy wil nie die Brasiliaan Carlos Alberto Parreira herroep as die nasionale afrigter van die 2010 Wêreldbeker-gasheerland nie.

Igesund, nou in beheer van Maritzburg United, het gesê daar is baie ander plaaslike afrigters wat die vermoë het om Bafana Bafana te lig na hul agt nederlae in nege wedstryde.

“Ek hoor gereeld dat Suid-Afrikaanse afrigters nie internasionale ervaring het nie, maar Franz Beckenbauer het nog nooit ‘n nasionale span afgerig voor hy beheer oor Duitsland geneem, en hulle na ‘n oorwinning in die 1990 Wêreldbeker gelei het nie.

“Jurgen Klinsmann het ook nie enige nasionale span afgerig voor die laaste Wêreldbeker nie, maar tog het hy ‘n Duitse span bymekaar gekry wat ongelooflike en fantastiese sokker gespeel het, en boonop derde geeïndig het,” het Igesund gesê.

Volgens hom ken Suid-Afrikaanse afrigters die spelers, hul omgewing en die kultuur waarin hulle beweeg.

Parreira het in April verlede jaar as die Suid-Afrikaanse afrigter bedank om met sy siek vrou in Brasil te wees, en Maandag is sy opvolger Joel Santana afgedank ná hulle 14 van die 27 internasionale wedstryde verloor.

‘n Anonieme beampte van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het glo gesê Parreira is beskikbaar, nadat sy vrou herstel het. Daar is glo ‘n 90% kans dat dié Brasiliaan mag terugkom.

Alhoewel Parreira sy land na ‘n 1994 Wêreldbeker oorwinning gelei het, en hy meer gewild was as Santana, sal sy moontlike herroeping na ‘n vergadering Vrydag met die nasionale sokkervereniging, nie heeltemal goedgekeur word nie.

Hy het Santana aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereninging aanbeveel, en sy eie rekord as afrigter was nie juis na wense nie, omdat hy slegs twee punte kon versamel na die 2008 Afrika-nasies-toernooi wedstryde teen Angola, Tunisië en Senegal.

Die Duitse veteraan afrigter, Leon Beenhakker is verbind met ‘n pos wat meer as $200 000 werd is, sowat R1,5 miljoen per maand teenoor Santana, maar ‘n Safa-beampte het dit as onwaar afgemaak omdat Beenhakker versuim het om Pole te help kwalifiseer vir die 2010 Wêreldbeker.

Plaaslike afrigters wat met Bafana Bafana verbind word sluit Pitso Mosimane, ‘n assistant vir Parreira en Santana, Igesund, Jomo Sono en Gavin Hunt in.

Hunt en die voormalige nasionale afrigters Sono en Clive Barker was gevra om ‘n verslag saam te stel oor die nederlae wat Suid-Afrika in Noorweë en Ysland verlede week gehad het, maar dit het geen rol in die afdanking van Santana gespeel nie.

“Ek is verbaas dat hulle hom afgedank het, sonder om na ons verslag te kyk. Ons kom Donderdag bymekaar om dit te finaliseer. Maar daar is geen twyfel dat Santana ‘n skande was nie,” het Hunt gesê.

Suid-Afrika, wat verlede week tot nommer 16 op die wêreldranglys van 85 gedaal het, het nog twee vriendskaplike wedstryde hierdie jaar, teen Japan in Johannesburg op 14 November en Jamaika in Bloemfontein drie dae later.

- Sport24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bafana bafana  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.