Oud-sokkerkaptein agter tralies
2010-09-17 13:27
Sydney - Die oud-kaptein van Australië se nasionale sokkerspan, Craig Moore, is in Doebai in hegtenis geneem nadat hy glo dronk bestuur en ‘n polisieman aangerand het, het media in Australië Vrydag berig.
Die televisiekanaal ABC het gesê Moore word deur die polisie aangehou nadat hy Woensdag in hegtenis geneem is. Hy sal binnekort 'n hofverskyning maak.
Die 34-jarige Moore, wat vir spanne soos Glasgow Rangers, Borussia Moenchengladbach en Newcastle United gespeel het, het sy stewels na vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Julie opgehang.
Hy het in 52 wedstryde vir die Socceroos gespeel en drie doele in sy sokkerloopbaan aangeteken.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24