Oud-kaptein van Brasilië veg om sy lewe
2011-12-03 20:20
Sao Paulo – Die voormalige kaptein van Brasilië se nasionale sokkerspan, Sócrates Brasileiro Sampaio de Souza Vieira de Oliveira, oftewel Sócrates soos hy oor die wêreld heen bekendstaan, veg om sy lewe in 'n hospitaal in Sao Paulo.
Die legendariese 57-jarige voormalige sokkerheld ly aan septiese skok weens 'n infeksie in sy ingewande.
Die Albert Einstein-hospitaak sê Socrates haal tans asem met behulp van 'n ventilator.
Sócrates was in die Wêreldbekertoernooie van 1982 and 1986 Brasilië se kaptein. Hy is ook 'n gewilde televisiekommentator en rubriekskrywer.
– Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP