‘Onnosel’ Safa moet appèl laat vaar

2011-10-11 12:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Bafana Bafana is beroof van ’n plek in die Afrikabeker-toernooi – en dié sokkerspan het steeds nie herstel van die vernedering van sy chaotiese Afrikabeker-“uittog” nie.

Siphiwe Tshabalala en Itumeleng Khune het Maandag erken hulle was “glad nie bewus nie” van die omstrede reël wat veroorsaak het dat Niger voor Suid-Afrika deurgedring het tot aanstaande jaar se skouspel in Gaboen en Ekwato­riaal-Guinee – én wat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) nou in die hof wil betwis.

Die Suid-Afrikaners het Saterdagaand in die Mbombela-sta­dion in Nelspruit geglo hulle het “deurgedring” danksy ’n gelykop-uitslag van 0-0 in hul laaste kwalifiserende wedstryd in Groep G, teen Sierra Leone, maar is oomblikke later meegedeel dat dit nie die geval was nie.

Die tuisspan het bo-aan dié groep geëindig met ’n beter doeleverskil, danksy Egipte se verrassende sege van 3-0 oor Niger in Kaïro. Tog het die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) beslis dat Niger in sy eerste Afrikabeker sal speel, aangesien hy die beste gevaar het in kragmetings tussen dié drie lande.

“Ons is verpletter en dis kommerwekkend dat ons eers ná die wedstryd van die betrokke reël gehoor het,” het Tshabalala, Bafana se waarnemende kaptein, gister gesê. “Dis die eerste keer dat ek van dié reël hoor, want ons was nog altyd onder die indruk dat doeleverskil in só ’n geval bepalend is.”

Volgens Khune, die Bafana-doelwagter, het die span “net mooi niks geweet” van CAF se reël nie.

“Hoe kan CAF die reëls ná die wedstryd gaan verander? As ons voor die wedstryd geweet het daarvan, sou ons beslis ’n ander benadering gehad het.”

Khune was gister die teiken van emmersvol kritiek op sosiale netwerke weens sy tydmors-taktiek in die doodsnikke van dié kragmeting.

“Jy behoort verskoning te vra vir jou aaklige gedrag,” het een gebruiker op Facebook geskryf. “Dié truuk van jou het ons ’n plek in die Afrikabeker gekos, jou idioot.”

Aanhangers was ook nie ten gunste nie van Safa se besluit om teen dié uitslag te appelleer.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.