'Ondersteun Bafana Bafana'
2009-11-19 22:12
Johannesburg – Irvin Khoza, die voorsitter van 2010 se plaaslike reëlingskomitee het ’n beroep op die nasie gedoen om Bafana Bafana tydens volgende jaar se Fifa Wêreldbeker-toernooi te ondersteun.
“Ons kan spanne verras, net soos Suid-Korea wat deurgedring het tot die semi-finaal. Niks is onmoontlik nie. Ons het ons kant gedurende die Konfederasiebeker gebring en tot die semi-finaal deurgedring.”
32 Vlae van al die lande wat vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het, is vandag buite die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) Huis in Johannesburg gehys.
Die vlae sal tot aan die einde van die toernooi in die wind wapper.
Khoza het ‘n versoek gerig dat die nasie nie vir Bafana moet afskryf nie.
Khoza het ook gevra dat die vyf Afrika lande wat gekwalifiseer het, ook dié land se ondersteuning moet geniet.
Khoza het sokkeraanhangers aangemoedig om nie net kaartjies te gaan koop nie, maar ook sokkertruie, sodat hulle die span se 12de man kan word.
-Sapa