Nomvete hou oog op terugkeer
2010-08-17 05:10
Johannesburg – Siyabonga Nomvete, Moroka Swallows se doelskopper, erken dat dit ‘n groot terugslag was toe hy nie vir die nasionale span gekies is nie.
Hy is nie deur Pitso Mosimane, die nuwe Bafana Bafana-breier, gekies om aan verlede Woensdag se wedstryd teen Ghana deel te neem nie.
Bafana het hulle met 1 – 0 by Soccer City geklop.
Volgens Nomvete is hy teleurgestel dat hy nie die nasionale span gehaal het nie, maar sy plan is om eendag terug te keer, berig Football365.co.za.
Lees meer hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.