Nóg 'n sokkerbaas vra vir winter-Wêreldbeker
2010-12-28 11:55
Doebai - Die hoof van die Asiatiese Sokkerfederasie sê Katar kan die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2022 "perfek organiseer" in Julie ten spyte van die versengende hitte dié tyd van die jaar – maar hy het bygevoeg dat hy eerder wil hê die toernooi moet na die kouer wintermaande geskuif word.
Mohamed bin Hammam, ook 'n lid van FIFA se uitvoerende komitee, sê die aanbieding van die toernooi in die winter sal "'n wen" wees vir die sokkerwêreld omdat spelers dan ook beter sal kan doen.
In Januarie is die meeste ander toernooie ook verby, het hy gesê.
Bin Hammam, wat 'n spreker was by die Globe-sokkerkonferensie in Doebai, het saam met die FIFA-president Sepp Blatter die idee van 'n wintertoernooi ondersteun.
Die kwik styg gedurende Junie en Julie in Doha, Katar, gereeld tot meer as 40 grade Celsius.
- Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP