Nóg korrupsie-onthullings tref Fifa
2011-12-30 23:00
Johannesburg – Die voormalige vise-president van Fifa het onthul dat die Wêreldbeker-televisieregte vir net een dollar aan hom verkoop is, in ruil dat hy help om Sepp Blatter as president ingestem te kry, het RSG Vrydag berig
Warner, wat in Junie uit Fifa bedank het nadat omkopery en korrupsieskandale om sy kop losgebars het, sê in 'n verklaring dat die WB-televisieregte vir een dollar reeds in 1998 vir die toernooi in sy geboorteland Trinidad en Tobago aan hom verkoop is, toe hy Blatter gehelp het om die presidentskap te wen.
Dit het volgens hom ook in 2002 en 2006 gebeur.
Warner se aantygings is die jongste in 'n rits korrupsie-beskuldigings wat Fifa die afgelope jaar geskud het.
Warner was eens op 'n tyd 'n bondgenoot van Blatter, maar hy het intussen sy steun aan Katar se Mohammed bin Hamman toegesê.
Hy het reeds in Junie gewaarsku dat hy 'n tsoenami van korrupsie gaan oopvlek.
Volg Nuus24Sport op Twitter.