Namibiër beland in Fifa-smeerveldtog
2011-10-20 13:10
Windhoek – Namibië se regter-president, Petrus Damaseb, het Woensdag met verontwaardiging gereageer op Jack Warner, ’n gewese vise-president van Fifa, se dreigement dat hy onthullings na vore gaan bring oor geskenke wat van hande verwissel het in die aanloop tot die verkiesing van Sepp Blatter as Fifa-president.
Damaseb dien tans as adjunkvoorsitter van Fifa se etiese komitee.
Warner is Trinidad en Tobago se minister van werke en het in Junie vanjaar uit Fifa se uitvoerende komitee bedank te midde van die skandaal oor die verkiesing van die Fifa-presidentskap wat op die skorsing van nog ’n vise-president van Fifa, Mohamed Bin Hammam, uitgeloop het.
Warner beweer in ’n brief aan die Trinidad Guardian dat Blatter vir hom en Bin Hamman gebruik het om soortgelyke “geskenke” aan te bied toe Blatter in 1998 en 2002 in die wedloop om die presidentskap was.
Lees verder.
– Republikein