Mosimane lig sluier oor Operasie 2014

2010-07-23 07:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Suid-Afrikaanse sokker se Operasie 2014 het Donderdag in alle erns begin.

En te oordeel na die Bafana Bafana-bloudruk van hul afrigter, Pitso Mosimane, is heelparty hardebaarde se dae in die Groen-en-Goud getel.

Mosimane, wat verlede week as Carlos Alberto Parreira se opvolger aangewys is, het dit Donderdag duidelik gemaak dat “nuwe generasie”-spelers ingespan sal word om Suid-Afrika in die Afrikabeker-toernooi in 2012 in Gaboen en Ekwatoriaal-Guinee en 2014 se Wêreldbeker-toernooi in Brasilië te verteenwoordig.

Hoewel dié 45-jarige breier vroeër ontken het dat hy van die 30-jarige Aaron Mokoena as nasionale kaptein ontslae wil raak, het hy bevestig dat die klem voortaan op die ontwikkeling van jong talent sal wees.

“Siphiwe Tshabalala is vir Suid-Afrika gekies terwyl hy nog maar in die laer ligas gespeel het en dit is belangrik dat ons ander belowende spelers op soortgelyke wyse identifiseer,” het Mosimane gesê.

Tshabalala was een van Bafana se groot Wêreldbeker-helde en is hoog op die inkopielys van ’n handvol Engelse­ spogklubs.

Volgens Mosimane sal plaaslike én oorsese spelers deurlopend geëvalueer word en sal nou saamgewerk word met afrigters van spanne in die Premiersokkerliga (PSL) om dié spelers te eien en vir hoër louere te slyp.

“My voorstel aan dié afrigters sal wees om hoogstens drie oorsese spelers en minstens twee plaaslike o.23-spelers in hul beginspanne te kies.

“Ek wil ook verseker dat dié ouens nou reeds internasionale ervaring opdoen deur in wedstryde teen ons buurlande te speel en na die Afrikabeker-toernooi te gaan.

“Net soos dit in Afrika die gebruik is dat ’n hele gemeenskap saam ’n kind grootmaak, gaan ek die ondersteuning van die hele Suid-Afrika benodig om Operasie 2014 te laat slaag.”

Volgens Leslie Sedibe, Safa se uitvoerende hoof, sal ondersteuners reeds op 11 Augustus ’n voorsmaak kry van Mosimane se “meesterplan”, wanneer Bafana op Soccer City teen Ghana te staan kom.

“Die pad na 2014 gaan steil wees, maar Pitso het ons volle ondersteuning.” 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Sirrion sê... Met so 'n naam kan jy net gaan boer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2009
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.