Maradona nou woestynafrigter
2011-05-17 13:46
Doebai - Die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona gaan die leisels as nuwe afrigter van die Al Wasl-sokkerklub in Doebai vat.
"Al-Wasl Sportklub is trots om die aanstelling van Diego Armando Maradona as afrigter van Al Wasl sokkerklub aan te kondig," het die klub Maandag in 'n verklaring gesê.
Die 50-jarige Maradona is as Argentinië se afrigter afgedank nadat die span 4-0 teen Duitsland in verlede jaar se Wêreldbeker-kwarteindstryd verloor het.
Al Wasl is tans vierde op die plaaslike punteleer van die Verenigde Arabiese Emirate.
En het sedert die Brasiliaan Sergio Farias in Maart afgedank is, na 'n nuwe afrigter vir die span gesoek.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24