Mandela verwelkom WB-trofee
2010-05-06 19:39
Johannesburg – Voormalige president Nelson Mandela het Donderdag die Wêreldbeker-trofee in Suid-Afrika verwelkom voordat die begeerde goue beker ‘n toer deur die land sal begin.
“Daar was vir ons geen manier dat die trofee in Suid-Afrika aankom en nie eerste na Mandela geneem word nie,” het Jerome Valcke, FIFA se sekretaris-generaal, in ‘n verklaring gesê.
“Nelson Mandela was een van die argitekte van hierdie FIFA Wêreldbekertoernooi.”
FIFA het die goud en malagiet trofee op ‘n wêreldtoer van 134 014 kilometer gestuur en dit het in elke Afrika land gestop, voor die kontinent se eerste Wêreldbekertoernooi wat op 11 Junie afskop.
Die trofee sal volgende na Khayelitsha buite Kaapstad gaan, waar dit die finale deel van sy toer sal doen.
Die trofee sal in 38 dorpe en stede oor al nege provinsies ‘n draai maak.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter