Man United weer eerste; Rooney steeds doelloos

2010-12-15 00:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Alex Ferguson se Red Devils is weliswaar weer bo-aan die puntelys van die Engelse Premierliga nadat hulle Arsenal Maandag met 1-0 op Old Trafford geklop het, maar dié breier het bra min lof vir sy ster-doelskieter gehad.

Wayne Rooney, wat benewens strafdoele in Maart laas die bal in die doelhok gekry het, se gesig was eergisteraand rooier as sy trui nadat hy ’n strafdoelpoging lelik verbrou het.

Rooney het diep in die tweede helfte ’n kans gekry om Manchester United se voorsprong te rek nadat die bal die hand van Arsenal se Gael Clinchy in die doelgebied getref het.

“Dit was ’n eienaardige doelskop,” het Ferguson oor Rooney se mislukte poging om Arsenal se doelwagter te flous, gesê.

“Wayne hou normaalweg die bal laag.

Ek het nog nooit gesien hoe hy die bal bo-oor die doelhok skop nie.”

Ferguson het egter vleiende woorde vir die Suid-Koreaanse middelveldspeler Park Ji-Sung gehad.

Hy het kort voor rustyd die wedstryd se enigste doel aangeteken en só drie broodnodige ligapunte vir Manchester United verdien.

“Sy vertoningslys teen Arsenal is baie goed en hy is deesdae fantasties op dreef,” het hy gesê.

Ferguson was ook tevrede met sy verdedigers.

Rio Ferdinand-hulle het Arsenal se doelskieters weinig kans gegee om die bal naby die tuisspan se doelhok te kry.

“Ek het gedink ons agterste vier was fantasties.

As my verdedigers daardie grondslag lê en aanhou doele keer, het ons ’n baie goeie kans (om die liga te wen),” het Ferguson gister aan The Telegraph gesê.

Arsenal, wat nou die tweede plek op die puntelys beklee, is inderdaad min beweegruimte deur United se verdedigers gegun en het net een noemenswaardige kans gehad om ook ’n doel aan te teken.

Die Gunners se afrigter, Arsene­ Wenger, het laat in die tweede helfte besef sy begin-elftal kom nie die mas teen United se gesoute verdedigers op nie.

Hy het toe vir Cesc Fabregas en Robin van Persie opgestuur om doele vir die besoekers te help skep.

Dié twee sterspelers is egter juis uit die beginspan gelaat omdat albei nog van beserings herstel en kon nie veel van ’n impak maak nie.

Wenger, wat teen dié tyd goed besef hoe moeilik dit is om Manchester United op sy tuisveld te pak, was optimisties ondanks sy span se nederlaag.

“Ek dink nie ons het swak gespeel nie.

“Ons het wel verloor, maar dit kan maklik hier (op Old Trafford) gebeur.”

Manchester United het dié seisoen nog nie een wedstryd in die Premierliga verloor nie en speel Sondag in ’n wegwedstryd teen Chelsea.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.