Man United neem wraak

2012-01-09 08:29
Tweets Share Share line Print

Manchester – Manchester City se FA Cup- drome lê aan skerwe, nadat sy aartsvyand, Manchester United, hom gister in die derde ronde van dié reeks op dramatiese wyse uitgeskakel het.

United het die wedstryd met 3-2 beklink en daarmee saam sy wendroogte gebreek.

Sir Alex Ferguson se Red Devils het hulle in twee agtereenvolgende kragmetings teen Blackburn Rovers en Newcastle vasgeloop, maar het gister gewys hoekom hulle meer as ’n dekade laas drie wedstryde in ’n ry verloor het.

United het die eerste helfte oorheers en reeds teen rustyd met 3-0 voorgeloop. Die doelskieter Wayne Rooney het uitgeblink en twee van dié doele aangeteken.

City moes die grootste deel van dié wedstryd met net 10 spelers klaarkom, nadat sy kaptein, Vincent Kompany, ná net 12 minute vir gevaarlike spel van die veld gestuur is.

Tog het hulle verbete teruggeveg en Aleksandar Kolarov en Sergio Aguero het albei in die tweede helfte ’n doel vir City aangeteken.

Dié twee spanne het in Oktober laas koppe gestamp toe City Manchester in ’n Premierligawedstryd met 6-1 op Old Trafford vermorsel het. Gister het United laaste gelag

Die 37-jarige Paul Scholes, wat in Mei verlede jaar uitgetree het, het gister weer sý “buiging” vir United gemaak.

In die naweek se ander wedstryde het Tottenham Hotspur ’n oorwinning van 3-0 oor Cheltenham behaal. Tottenham se aanvallende trio, Jermain Defoe, Roman Pavlyuchenko en Giovani dos Santos, het doele aangeteken.

Wigan Athletic en Blackburn Rovers, wat die onderste twee plekke op die Premierliga-puntelys beklee, kon nie hul mistroostige peil dié seisoen afskud nie.

Swindon het Wigan met 2-1 geklop, terwyl Newcastle daarin geslaag het om Blackburn met 2-1 uit te skakel.

Die Amerikaanse middelveldspeler, Clint Dempsey, het ’n driekuns in Fulham se tuisoorwinning van 4-0 oor Charlton behaal.

Die Ierse doelskieter Simon Cox het dieselfde in West Brom wich Albion se sege van 4-2 oor Cardiff City vermag, terwyl Aston Villa, Stoke, Norwich, Blackpool en Liverpool almal oortuigende seges behaal het.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

– Spa-AP; AFP

- Sapa - AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.