Japan bang vir PE
2009-11-11 12:50
Tokio – Die Japanse sokkerspan is aangesê om in hul hotelkamers te bly gedurende hul besoek aan Port Elizabeth.
Die oosterse span is in Suid-Afrika om ’n vriendskaplike wedstryd teen Bafana Bafana te speel.
Die spelers is kort na hul aankoms op Port Elizabeth-lughawe direk na hul hotel geneem met die instruksie dat hulle nie die hotel mag verlaat nie.
Die span se bestuurders is klaarblyklik senuweeagtig oor spelers se veiligheid.
Dit lyk egter nie asof die inhokking die spelers pla nie. “As ons nie buitentoe mag gaan nie, sal ek rustig in my kamer bly,” het Yasuhito Endo, ‘n middelveldspeler, gesê.
- Reuters