Ivoorkus teen Zambië in Afrikabeker-eindstryd
2012-02-09 11:01
Kaapstad – Die gunsteling om die Afrikabeker te wen, die Ivoorkus, sal Sondag in die eindstryd van vanjaar se toernooi teen Zambië te staan kom, het RSG Donderdag berig.
Die Ivoorkus het Mali Woensdagaand met 1-0 in Libreville geklop, maar sal nie in die eindstryd teen Ghana speel soos algemeen verwag is nie.
Zambië het na die eindstryd deurgedring nadat die plaasvervanger Emmanuel Mayuka 12 minute voor die einde die enigste doel aangeteken het.
Ghana het vroeër 'n strafskop gemis.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG