Hofstryd kan Liverpool se seisoen verongeluk

2010-10-15 08:38
Tweets Share Share line Print

Londen – Asof die Engelse sokkerreus Liverpool nie vanjaar genoeg die wind van voor op die veld kry nie, dreig die voortslepende stryd om eienaarskap van dié klub nou om die Reds se seisoen verder te verongeluk.

’n Hofuitspraak in Texas Woensdag het die klub se raad tydelik verbied om die klub te verkoop en só die stryd om eienaarskap gister nogmaals in die Londense hooggeregshof laat beland.

George Gillet en Tom Hicks, Liverpool se huidige eienaars, was vroeër gekant teen ’n besluit deur die klub se raadslede om ’n aanbod van £300 miljoen van ’n Amerikaanse sportmaatskappy te aanvaar.

Volgens Gillet en Hicks van Amerika is dié aanbod te laag en het hulle dit as ’n “epiese bedrogspul” beskryf.

Regter Christopher Floyd het Woensdagoggend in die hooggeregshof die eienaars se pogings om die transaksie te stuit, van die hand gewys.

Gillet en Hicks het egter kort daarna ’n uitspraak van ’n hof in Texas verkry om die transaksie tydelik op te skort.

Dié regstryd, wat wentel om £285 miljoen se skuld wat teen vandag aan die Royal Bank of Scotland terugbetaal moet word, sou gistermiddag laat weer in die hooggeregshof voortduur.

Indien Liverpool se enorme skuldlas nie voor vandag vereffen is nie, kan die klub onder finansiële administrasie geplaas word en só nege Premierliga-punte verloor.

Intussen het New England Sports Ventures, die maatskappy wat Liverpool aanvanklik sou koop, mededinging gekry.

’n Sakeman van Singapoer, Peter Lim, het Dinsdag ’n aanbod van £320 miljoen gemaak en belowe om nóg £40 miljoen aan nuwe spelers vir die span te bestee as sy aanbod aanvaar word.

Die afrigter van Liverpool, Roy Hodgson, se span is tans 18de (van die 20 spanne) op die Premierliga-puntelys en kon net een van sy sewe wedstryde tot dusver in dié kompetisie wen. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: sokker  |  liverpool

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.