Hoë lof vir Jonny ná hy stewels ophang

2011-12-14 12:30
Tweets Share Share line Print

Londen – Die voormalige Engelse rugbyafrigter Clive Woodward het Jonny Wilkinson as ’n “uitstaande spanspeler” uitgesonder nadat dié losskakel sy uittrede uit toetsrugby aangekondig het.

Woodward was die afrigter wat Wilkinson gekies het om sy buiging vir Engeland in 1998 te maak – die eerste van 91 toetswedstryde wat hy gespeel het.

In 2003 het Woodward as breier toegekyk hoe Wilkinson ’n Wêreldbeker-triomf vir Engeland met ’n skepdoel in bykomende speeltyd in die eindstryd teen Australië in Sydney verseker het.

Die 32-jarige Wilkinson gaan nog voortaan vir sy Franse klubspan, Toulon, speel, maar Woodward onthou ’n speler wat uiters waardevol vir die Engelse nasionale span was.

“Hy het daarna gemik om die nommer 1-speler in die wêreld in sy posisie te word, maar agter die skerms was sy spanetiek fantasties en was hy ’n ware rolmodel.

“Ek het hom altyd bewonder vir hoe hy te werk gegaan het en hoeveel werk hy gedoen het wanneer almal reeds huis toe is,” het Woodward gesê.

“Hy het baie op sy eie gedoen om die spel te bestudeer en te leer. Dit kan ’n les vir enige jongmens wees. Hy het sy spel tot ’n nuwe vlak geneem.”

Wilkinson is Engeland se rekord-puntemaker en tweede op die algehele lys vir puntemakers in toetsrugby – net ná Dan Carter van Nieu-Seeland.

Insluitend die punte wat hy vir die Britse en Ierse Leeus aangeteken het, het Wilkinson 1 246 toetspunte opgestapel. Ná die Wêreldbeker-eindstryd in 2003 het beserings Wilkinson vir byna vier jaar uit toetsrugby gehou voordat hy sy terugkeer gemaak het.

Stuart Lancaster, wat verlede week as Engeland se tussentydse afrigter aangestel is, het intussen laat blyk hy gaan Wilkinson nie sommer net laat verdwyn nie.

“Hy sal steeds groot dinge vir Toulon doen en ek sal hom graag in Frankryk wil gaan sien om van sy groot kennis en ervaring van 13 jaar op die kruin van die internasionale spel te gaan leer.”

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Sapa - AFP

Lees meer oor: jonny wilkinson  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.