Hitte ’n bondgenoot vir Niger teen SA

2011-09-03 08:18
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die Suid-Afrikaanse sokkerspan kan ’n vyandige ontvangs te wagte wees, terwyl die ondraaglike hitte van Niamey ook Saterdag in die spanne se herontmoeting ’n bondgenoot vir Niger kan wees.

Die tuisspan hoop om die bordjies te verhang nadat Bafana Bafana die spanne se eerste kragmeting in die kwalifiserende ronde vir die Afrikabeker-toernooi verlede jaar in Nelspruit met 2-0 gewen het.

Sommige meen al die eksterne faktore, soos die speeltoestande, is een van die redes waarom Niger drie jaar laas ’n tuiswedstryd verloor het.

Suid-Afrika het in Phokeng buite Rustenburg geoefen waar die kwik ’n keer tot 30 grade Celsius geklim het. In Niamey kan dit nóg tien grade Celsius warmer raak, wat deur diegene wat dit nie gewoond is nie, as ’n “bykomende teenstander” beskou word.

Siphiwe Tshabalala, waarnemende Suid-Afrikaanse kaptein, het gister met die span se vertrek aan Sapa gesê hulle het ’n idee wat wag en dat hulle geestelik voorbereid daarop is.

“Ons het ’n paar ervare spelers wat al gewoond daaraan is.”

Die meer as ’n handvol beseerdes wat by die huis moes agterbly, sal stellig ook in Suid-Afrika se agterkop wees.

Die feit dat Katlego Mphela op die vliegtuig was, beteken nie hy gaan speel nie.

Dié skerpskutter het sy knie Woensdag in ’n oefening beseer. Bafana sal hom bitter graag weer in hul geledere wil hê ná sy twee doele in die opwarmwedstryd teen Niger se buurman, Burkina Faso. ’n Besluit oor sy deelname sal eers môre geneem word.
 
Suid-Afrika kan met ’n oorwinning vir aanstaande jaar se Afrikabeker-toernooi kwalifiseer, wat gesamentlik deur Ekwatoriaal-Guinee en Gaboen aangebied word.

Bafana is onoorwonne ná vier wedstryde en loop voor in hul groep waarin hy met Niger, Sierra Leone en Egipte meeding.

Sy twee wedstryde tot dusver in Freetown en Kaïro het gelykop geëindig en hy sal die naweek, uitgedun of nie, met ’n eerste wegsege wil terugkeer.

– Volg Nuus24Sport op Twitter.

Lees meer oor: niger  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.