Groot slag vir Bafana

2011-09-05 08:04
Tweets Share Share line Print

Niamey (Niger). – Bafana Bafana se veldtog om vir aanstaande jaar se Afrikabeker-toernooi te kwalifiseer, het Sondag hier ’n terugslag beleef met ’n nederlaag teen Niger.

Die tuisspan het met 2-1 gewen.

Dit was nie net die Suid-Afrikaanse sokkerspan se eerste wedstryd in sy kwalifiserende veldtog wat hy verloor het nie, maar ook die eerste waarin hy ’n doel afgestaan het.

Niger het in elke helfte in dié wedstryd in die Generaal Seyni Koutche-stadion ’n doel aangeteken om die sege te verseker, hoewel Andile Jali se doel sowat 20 minute voor die einde die Suid-Afrikaners op ’n gelykop-uitslag laat hoop het.

Maar Niger se verdediging het gehou en die Suid-Afrikaners is terug huis toe sonder ’n punt.

Niger is met dié sege nou in die eerste plek in die kwalifiserende groep met nege punte.

Suid-Afrika en Sierra Leone is in die tweede plek op agt ná vyf wedstryde.

Bafana Bafana sal in die laaste kwalifiserende wedstryd tuis met Sierra Leone kragte meet, terwyl Niger Egipte in ’n wegwedstryd pak.

Sierra Leone het Egipte Saterdag in Freetown met 2-1 geklop en daardeur die druk op Bafana opgelaai om in Niamey te wen.

Suid-Afrika het op die agtervoet begin nadat sy top-doelskieter, Katlego Mphela, nie ’n fiksheidstoets kon slaag nie.

Hy het sy linkerknie verlede week beseer.

Pitso Mosimane, Bafana Bafana se afrigter, het verkies om die wedstryd te begin met Bernard Parker as doelskieter en Thulani Serero as sy adjudant.

Jingles, soos Mosimane bekend is, het sy middelveld met Jali en Thanduyise Khuboni versterk. Die tuisspan het sy eerste doel vroeg in die wedstryd aangeteken.

Dankwa E Kofi het ná ’n hoekskop die bal met sy kop in die Suid-Afrikaners se doelhok gestamp.

Bafana Bafana het weer mooi reggeruk, maar die hitte van 35 grade Celsius het skynbaar sy tol geëis soos die wedstryd gevorder het.

Die besoekers se verdediging het kwesbaar gelyk en dit was duidelik dat die Suid-Afrikaners Mphela gemis het.

Niger het die meeste besit in die eerste helfte gehad en Bafana se doelwagter, Ithumeleng Khune, moes sy span ’n keer of wat red.

Niger het die tweede helfte begin met die spel wat hy in die eerste opgedis het.

Ouwa Moussa Maazou het die tuisspan se telling verdubbel in die eerste minuut van die tweede helfte nadat hy swak verdediging van Bafana uitgebuit het.

Jali kon sy doel eers in die 70ste minuut aanteken ná goeie spel in die middelveld.

Hy is kort daarna met ’n geelkaart gestraf.

Vier minute se beseringstyd het Niger se ondersteuners laat naels kou, maar hulle kon eindelik gelukkig huis toe gaan.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: niger  |  bafana bafana  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.