Gratis 2010-sones in SA
2009-11-23 17:59
Johannesburg - Openbare plekke om die bereikbaarheid van die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi te verbeter gaan in die nege gasheerstede oopgemaak word en toegang is "mahala".
Danny Jordaan, hoof van Fifa se plaaslike reëlingskomitee vir 2010, het dié aankondiging Maandag gemaak.
"Dit is waar ons die die regte ondervinding buite dié stadions wil inkerf," het Jordaan by die mediabekendstelling van die Fifa "Fan fests" gesê.
Jordaan het gesê meer as 18 miljoen aanhangers het die sokker-Wêreldbeker wat in 2006 in Duitsland gehou is, by parke, wat spesiaal vir aanhagers ingerig is, gekyk.
Dié parke sal in elk van die gasheerstede gebaseer wees en sal toegang tot dié sokkergeleentheid groter maak.
Dit sal diegene wat nie kaartjies kan bekostig nie, die geleentheid geen om dié wedstryde in 'n "feestelike" atmosfeer te kyk.
Daar sal ook parke vir aanhangers in Rio de Janeiro, Parys, Sydney, Rome, Berlyn, Londen and Mexiko-stad wees.
"Dit sal verseker dat die Wêreldbeker-ondervinding ook buite die stadions gekyk kan word," het Jordaan gesê.
Fifa is besig met onderhandelinge met stede buite Suid-Afrika se grense om dié parke in ander Afrika-stede ook te hê.
– Sapa