Goeie nuus vir Beckham voor 2010

2009-12-29 09:33
Tweets Share Share line Print

Londen - Die voormalige kaptein van Engeland se nasionale sokkerspan, David Beckham, het volgens Fabio Capello, bestuurder van die Engelse nasionale sokkerspan, `n goeie kans om in aanstaande jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir die land uit te draf - mits hy fiks is en gereeld speel in die aanloop tot die toernooi.

Die speler van Los Angeles Galaxy kom vandag in Italië om vir AC Milan te speel. Dit sal die tweede keer wees wat hy aan dié span uitgeleen word.

"Ek sal beslis vir Beckham naderroep as hy fiks en gereed is om te speel," het Capello vir die La Gazzeta dello Sport gesê.

"Ek kyk nie na ouderdom nie, ek kyk na kwaliteit en Beckham het baie daarvan. Hy is ernstig, hy is professioneel en die Wêreldbeker-sokkertoernooi is baie belangrik vir hom."

Capello is vol vertroue dat die 34-jarige speler wat voorheen vir Manchester United en Real Madrid gespeel het, die goeie vorm sal herhaal wat hy in sy eerste sarsie spel vir die Serie A-klub vertoon het.

"Hy sal goed doen by AC Milan, ek twyfel glad nie daaraan nie. David is 'n speler wie se kop reg sit op sy skouers."

Capello sê hy was baie tevrede met die aankoms van sy vriend Roberto Mancini by Manchester City. Mancini is die nuutste in `n reeks Italiaanse afrigters wat in topposisies aangestel word.

"Dit is `n rede om trots te wees op ons sokker," sê Capello. "Italianers word gekies omdat ons idees en 'n behoefte aan nuwe ervarings na die tafel toe bring."

Tog sê die voormalige afrigter van Milan, Juventus en Real Madric dat Italianers ten spyte van hierdie sukses steeds baie by die Engelse spel kan leer.

"Die Premierliga is die interessantste, mooiste kampioenskap in die wêreld. Daar is vol stadions, veiligheid, skoonheid en 'n gebrek aan onnoselheid by betrokke."

"Vat maar Newcastle United. Hulle is gerelegeer en steeds toegejuig. Nou speel hulle op die tweede vlak en 50 000 gaan kyk vir hulle. Die atmosfeer in Italië is baie anders – aggresief, mislik."

"Ons maak dieselfde foute met die bestuur van stadions en geweldadige aanhangers. Ons verbeter nie, ons beweeg nie vorentoe nie, ons los nie probleme op nie. Dit ontstel my," sê Capello.

- www.supersport.com

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: david beckham  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.