Giggs wen groot toekenning
2009-12-14 17:38
Londen - Die Manchester Uniter-speler Ryan Giggs beplan om sy toekenning as die BBC se Persoonlikheid van die Jaar in die onderhandelings te gebruik om sy loopbaan by die klub vir ten minste nog een seisoen voort te sit.
Giggs, wat verlede maand 36 geword het, het onlangs die nuutste wenner van die prestigerryke toekenning geword. Die toekenning is onder andere ook al deur Sebastian Coe en Ian Botham gewen.
"My kontrak eindig aan die einde van die jaar (seisoen) maar hopelik sal daar nog `n seisoen daarna volg," sê Giggs.
Hy het die toekenning gewen as beloning vir `n loopbaan as een van die beste Engelse sokkerspelers ooit met onder meer 11 Premier Liga-, twee Europese Beker-, vier FA-beker- en drie Ligabeker-medaljes agter sy naam.
Giggs sê dat die feit dat hy die toekenning gewen het bo Jenson Button en Jessica Ennis was net soveel werd as sy ander oorwinnings op die veld.
"Die name van ware legendes van sport is op dié trofee – ek het nooit daarvan gedroom om dit te wen nie. Ek was regtig verras net om genomineer te wees."
"Ek was so gelukkig om baie te wen in my loopbaan en saam met groot spelers, onder die beste bestuurder en ook vir die beste klub ooit te speel."
"Hierdie toekenning kan daarmee vergelyk word. Ek het van kleins af die oorhandiging van dié toekenning dopgehou en om al die mense te sien wat dit al gewen het, is ongelooflik."
Steve Bruce, die Sunderland-bestuurder wat een van die senior professionele spelers was toe Giggs in die span begin speel het, het Giggs se kombinasie van rou talent en dissipline wat hom so suksesvol gemaak het, geloof.
"Ek is ekstaties vir sy part. Ek het in sy debutwedstryd gespeel. Hy was fantasties. Sy debut was iets soos 20 jaar terug en hy het `n doel aangeteken teen Manchester City."
"Wat hy reggekry het is skrikwekkend – die manier wat hy na homself kyk. Hy is alles wat jy soek in `n speler."
- Sapa-AFP