Giggs (38) vier 23ste seisoen by United
2012-02-10 15:11
Londen – Manchester United se gevierde middelveldspeler Ryan Giggs het Vrydag sy kontrak met dié klub vir die 32ste agtereenvolgende jaar hernu.
Die 38-jarige Giggs het sy Premierliga-debuut in Maart 1991 gemaak en het nooit vir 'n ander klub gespeel nie.
Hy het in 'n rekord 898 wedstryde vir die Red Devils verskyn, 140 meer as die Manchester United-legende Bobby Charlton.
"Toe ek my eerste kontrak geteken het, het ek nooit gedink dat ek 22 jaar lank vir United gaan speel nie, maar ek voel goed en weet dat ek steeds kan help om die span tot groter hoogtes aan te spoor," het Giggs gesê.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.