Ghana groter uitdaging as Frankryk, sê kaptein Mokoena

2010-08-11 06:38
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Wat is belangriker as jou span se mees roemryke sege tot nog toe?

Sy volgende wedstryd, sê die Suid-Afrikaanse sokkerkaptein, Aaron Mokoena.Daarom móét Bafana Bafana vanaand op hul allerbeste wees wanneer hulle Ghana in die Soccer City-stadion buite Soweto die stryd aansê – in hul eerste wedstryd sedert die Wêreldbeker-toernooi.

Die Suid-Afrikaners het egter weinig speelkans gehad sedert hulle Frankryk, een van die reuse van wêreldsokker, ’n raps minder as twee maande gelede in hul laaste groepwedstryd in Bloemfontein bloedneus gegee het.

Die Black Stars was boonop die groot suksesverhaal van WB?2010 en is van ’n geskiedkundige plek in die halfeindronde beroof deur hul kwarteind-teenstander, Uruguay.

“Ghana was Afrika se trots in die Wêreldbeker en het verskeie spelers wat die gang van ’n wedstryd op eie houtjie kan verander,” het Mokoena, wat sy klubsokker vir Portsmouth in Engeland speel, Dinsdag gesê.

Hy en sy mede-verdedigers sal hul hande vol hê om een van dié spelers, die glibberige doelskieter Asamoah Gyan, hok te slaan.“

Almal weet teen dié tyd dat hulle ’n uiters gedugte span is en nie maklik geklop sal word nie, maar Bafana het self ’n hele paar mense verras.

“Ek word steeds oorval deur aanhangers wat vra hoe ons dit reggekry het om so goed te vaar in die Wêreldbeker nadat niemand ons veel van ’n kans gegee het nie,” het Mokoena gesê.

Voor hul sege van 2-1 teen die beleërde Franse, het Mokoena-hulle ook gelykop (met 1-1) teen Mexiko gespeel.

Die gasheerland se veldtog is egter gestuit weens ’n swakker doeleverskil as die Mexikane, nadat hulle vroeër met 3-0 deur die Uruguane afgeransel is.

Volgens Mokoena lui dié kragmeting die begin in van ’n nuwe era vir Bafana.

“Die sege oor Frankryk was ons mees roemryke tot nog toe, maar Ghana gaan ’n heel ander storie wees. Die naam sê dalk só, maar dit gaan allesbehalwe ’n vriendskaplike wedstryd wees.”

Mokoena hou vol daar is geen kwade gevoelens tussen hom en sy afrigter, Pitso Mosimane, nie – ondanks gerugte dat dié twee nie om dieselfde vuur sit nie en dat die land se mees ervare speler eersdaags die trekpas kan kry.

“Ek geniet dit nou, meer as ooit tevore, om vir Bafana te speel. Ek het steeds heelwat om te bied in ons veldtog om te kwalifiseer vir die Afrikabeker-toernooi (in 2012) en die volgende Wêreldbeker (in 2014), so daar is geen sprake van ’n vroeë uittrede nie.”

Intussen is Andile Jali (SA) fiks verklaar, nadat hy die naweek ’n enkel beseer het.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bafana bafana  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT MANAGER

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R50000 - R70000

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.