‘Fifa wou nooit WB skuif nie’

2010-05-09 09:23
Tweets Share Share line Print

Antoinette Slabbert

Durban - Hy het twee jaar laas gehuil en wou nooit die Wêreldbeker-sokkertoernooi weens veiligheidsvrese uit Suid-Afrika verskuif nie.

Met dié woorde het Jérôme Valcke, sekretaris-generaal van die sokkerbeheerliggaam Fifa, Suid-Afrika se polisiehoof, genl. Bheki Cele, voor joernaliste vanoor die hele wêreld tot leuenaar gemaak.

Valcke het saam met Danny Jordaan, hoof van Fifa se plaaslike reëlingskomitee, vrae beantwoord van sowat 80 plaaslike en interna­sionale joernaliste oor WB 2010 by die jaarlikse toerisme-indaba in Durban. Hy het gesê hy reageer op Cele se stellings Vrydag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie.

Volgens Sapa het Cele gesê ná die aanval op die sokkerspan van Togo tydens die Afrika­nasiesbeker­toernooi in Angola het polisieverteenwoordigers op 27 Januarie op die O.R. Tambo-lughawe met Fifa vergader.

“Ons het op 27 Januarie ’n SOS van Fifa gekry,” het Cele gesê. “Ons was ’n bietjie vererg omdat hulle ons ontbied het soos skoolseuns wat na die hoof se kantoor moet gaan, maar ons het gehoor gegee en die sekretaris-generaal by die lughawe ontmoet,” het Cele gesê.

Valcke was volgens hom byna in trane oor die druk op hom om die toernooi van Suid-Afrika te onttrek weens die aanval in Angola. Die polisie het volgens hom onderneem om die veiligheidsgereedheid vir die toernooi aan te spreek.

’n Reeks vergaderings is in Maart in Europa gehou waar die meeste deelnemende lande en 50 media-instellings verteenwoordig is. Ná twee dae se voorleggings was daar volgens Cele nie meer vrae oor veiligheid nie.

“Die laaste keer dat ek gehuil het, was twee jaar gelede met die dood van ’n goeie vriend,” het Valcke Vrydag in reaksie gesê. Hy het ontken dat Fifa dit ooit oorweeg het om die toernooi weens veiligheidsvrese uit Suid-Afrika te verskuif.

“Ek het ’n vergadering aangevra omdat daar kwessies was. Ek het gesê ons moet óf saamwerk óf mekaar beveg,” het Valcke gesê.
“Cele het ’n groot fout gemaak en wat hy gedoen het, is heeltemal verkeerd,” het hy gesê.

Jordaan het op ’n vraag gesê Suid-Afrika het al 147 keer sy veiligheidsplan tydens groot byeenkomste beproef en het ’n rekord van “100% veiligheid”. “Sekerheid is egter nie iets wat staties bly nie en ons sal steun op intelligensie en ons prosedures voortdurend hersien.”

Hy het gesê ’n hoë vlak van vliegveiligheid word gehandhaaf en iets soos busongelukke gebeur soms maande lank nie en dan is daar ’n paar in een week.

In antwoord op ’n vraag het hy gesê die aanvalle op die snelbusdiens in Johannesburg was beperk tot een plek in Soweto en is nie ’n algemene probleem nie.

- Rapport

Lees meer oor: sokker  |  sport  |  fifa

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.