Fifa soek antwoorde oor N-Koreaanse spelers
2010-08-12 03:48
Singapoer – Die president van Fifa, Sepp Blatter, het gesê hy eis antwoorde by Noord-Korea ná berigte dat lede van die land se Wêreldbekerspan in die openbaar verneder is en dat die afrigter, Kim Jong-Hun, harde arbeid opgelê is, berig IOL.
Wêreldsokker se beheerliggaam het ‘n ondersoek geloods en ‘n brief aan die Noord-Koreaanse sokkerowerhede gestuur.
Dit volg op nuwe, ongespesifiseerde bewyse wat onder Fifa se aandag gebring is deur Chung Mong-Joon, die magtige Suid-Koreaner wat voorheen voorsitter van Hyundai was en nou president van die Suid-Koreaanse sokkervereniging is.
“Ons het ‘n brief aan die sokkerfederasie gestuur om ons te vertel oor hul verkiesing van ‘n nuwe president en om uit te vind of die bewerings deur die media waar is - dat die afrigter en spelers gestraf is,” het Blatter gesê.
Lees meer op IOL.