Fifa skors Nigerië
2010-10-05 11:09
Genève – Die wêreldsokkerliggaam Fifa het Maandag bekend gemaak dat hy Nigerië uit internasionale sokker, weens “inmenging van die regering” geskors het.
Fifa het in 'n persverklaring gesê dié besluit volg na ‘n poging deur Nigerië se minister van sport om die land se plaaslike sokkerliga sonder relegasie-wedstryde te hervat.
Die ministerie van sport het ook druk uitgeoefen om die algemene sekretaris van die Nigeriese sokkerfederasie (NFF) te laat afdank.
“Die NFF sal tydens sy skorsing nie in enige streeks-, kontinentale of internasionale wedstryde verteenwoordige kan word nie. Dit sluit klub- en vriendskaplike wedstryde in," het Fifa in sy verklaring gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24