Fifa se oud-baas bedank uit IOK
2011-12-05 12:09
Londen – Die voormalige president van Fifa, Joao Havelange, het uit die Internasionale Olimpiese komitee (IOK) bedank.
Die bedanking volg slegs dae voordat hy deur Fifa se etiese komitee oor beweerde omkopery ondervra sou word, het die BBC Sondag berig.
Havelange was die Fifa-baas vanaf 1974 tot 1998 waarna hy deur Sepp Blatter vervang is. Hy was ondersoek oor sy bande met Fifa se voormalige bemarkingsagentskap, International Sport and Leisure (ISL).
ISL is in 2001 bankrot verklaar met skuld van nagenoeg $300 miljoen. 'n BBC Panorama-televisieprogram het in 2010 beweer dat Havelange geld van die ISL ontvang het vir die toekenning van winsgewende Wêreldbeker-kontrakte.
Die 95-jarige Brasiliër is die IOK se langsdienende lid. Sy bedanking beteken dat die ondersoek heel moontlik laat vaar sal word, het die BBC
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24