Fifa sal in Oktober videotegnologie bespreek
2010-07-20 11:50
Londen – Die gebruik van doellyn-videotegnologie bly op Fifa se agenda vir Oktober nadat sokker se beheerliggaam bevestig het dat hulle nie die kwessie by ‘n vergadering hierdie week sal bespreek nie.
Die raad van die Internasionale Sokkervereniging (IFAB) sal Woensdag in Cardiff vergader, maar volgens Fifa is “die enigste punt op die agenda” die eksperiment met bykomende assistent-skeidsregters agter die doelhokke.
Die stelsel is in verlede jaar se Europese Liga getoets.
Sepp Blatter, die president van Fifa, het verlede maand gesê dat IFAB hierdie week na doellyn-tegnologie sal kyk ná sy verskoning aan Engeland en Mexiko vir die foute wat ook daartoe bygedra het dat hulle uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi geëlimineer is.
Blatter het op 8 Julie gesê dat dit op die agenda vir Oktober sal wees.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AP