Fifa ondersoek beamptes oor knoeiery
2010-10-17 22:47
Berlyn - Die wêreldbeheerliggaam vir sokker, Fifa, gaan aantygings teen twee lede van sy uitvoerende komitee ondersoek.
Die Sunday Times in Londen berig dat Amos Adamu van Nigerië en Reynald Temarii van Tahiti glo bereid was om met verslaggewers te onderhandel, wat voorgegee het om stemwerwers te wees vir Amerika se bod om die Wêreldbeker in 2018 of 2022 aan te bied.
Die koerant het glo gesprekke met die twee mans opgeneem waar hulle bereid was om hul stemme vir die gasheerland aan te pas, in ruil vir 'n groot bedrag geld. Sulke optrede word nie in die reëls toegelaat nie.
– RSG
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg