Fifa-gate: Laat vaar verkiesing, eis politici

2011-06-01 09:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die strop om die nek van wêreldsokker se beleërde grootbaas, Sepp Blatter, het Dinsdag nóg stywer getrek.

Verskeie sokkerverenigings, politici én vooraanstaande borge het daarop aangedring dat Woensdag se presidentsverkiesing van Fifa, die sport se beheerliggaam, uitgestel en ’n onafhanklike ondersoek gelas word na die rits bewerings van korrupsie teen Blatter en van sy uitvoerende raadslede.

Dié 75-jarige Switser staan Woensdag straks wéér onbestrede om die presidentskap, nadat Mohamed bin Hammam hom die naweek as sy enigste teenstander onttrek het te midde van aantygings van omkopery teen hom.

Bin Hammam en Jack Warner, Fifa se vise-president, is dieselfde dag deur Fifa se etiek-komitee geskors nadat hulle in April glo lede van die Karibiese Sokkervereniging betaal het om vir dié Katar-boorling te stem.

Warner het Maandag ’n storm ontketen deur Blatter daarvan te beskuldig dat hy verlede maand $1 miljoen (sowat R7 miljoen) vir stemme betaal het en hy het ook onthul dat Jérôme Valcke, Fifa se sekretaris-generaal, onlangs in ’n e-pos aangevoer het dat Katar die Wêreldbeker-toernooi in 2022 “gekoop” het.

Blatter het Maandag, op ’n bisarre mediakonferensie in Zürich, volgehou dat daar geen krisis is nie.

“Dis bloot ’n bietjie moeilikheid wat ons binne ons gesin sal uitpluis,” is al wat Blatter oor die bewerings teen hom wou sê.

* Die Engelse én Skotse sokkerverenigings het Dinsdag gesê dié verkiesing “sal geen geloofwaardigheid hê nie,” terwyl verskeie politieke leiers en teenkorrupsie-waghonde ook ’n pleidooi gelewer het om dit uit te stel.

* Transparency International en die Europese Unie (EU) is maar twee van die organisasies wat aandring op ’n onafhanklike ondersoek na Blatter – wat reeds die afgelope 13 jaar president is en vandag vir ’n ongekende vierde termyn herverkies kan word.

* Die Australiese regering dring steeds aan dat die sowat R350 miljoen wat hy bestee het aan sy mislukte bod om die Wêreldbeker-toernooi in 2018 aan te bied, deur Fifa terugbetaal word.

* Verskeie van dié beheerliggaam se grootste borge – onder wie Emirates, Coca-Cola, Visa en Adidas – het ook hul “teleurstelling en groot kommer” uitgespreek.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: fifa  |  sepp blatter  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.